Metrolede stop man, steel glo drank en kontant

Pretoria: Metrolede stop man, steel glo drank en kontant

Deur Susan Cilliers 01 Mei 2021 13:37 soos op netwerk24.com.

Metropolisielede in Pretoria het ’n man glo die afgelope week van drank beroof nadat hulle hom eers van dronkbestuur beskuldig het.

Die man het gevra dat sy naam weerhou word omdat hy viktimisasie vrees. Hy het ’n aanklag van diefstal by die Brooklyn-polisiekantoor ingedien. Netwerk24 is in besit van die saaknommer.

Die man het die private ondersoeker Mike Bolhuis en sy span ook genader om te help met die ondersoek. Hennie Viljoen, ’n spesialisondersoeker wat vir Bolhuis werk, het Saterdag gesê hulle werk nou saam met die polisie.

“Daar is die afgelope drie maande sowat ses soortgelyke voorvalle in Gauteng aangemeld. Die mense het presies dieselfde modus operandi as in dié jongste voorval gevolg.”

Die Pretoriase man vertel hy was Woensdagaand omstreeks 21:30 van Faerie Glen op pad na sy huis in Menlo Park toe hy skerp ligte agter hom sien.

“Ek kon aanvanklik nie sien dis ’n metropolisievoertuig nie en het aanhou ry. Die voertuig het in die omgewing van Plantland (’n tuinsentrum) voor my ingetrek en sy ligte geflikker.”Ons het die afgelope drie maande sowat ses aanmeldings van voorvalle in Gauteng gehad, waar presies dieselfde modus operandi as in die mees onlangse voorval gevolg is.

Nadat die man stilgehou het, het ’n metrobeampte glo met ’n baie aggressiewe houding by sy venster gestaan en vir hom gesê hy is “in die moeilikheid” omdat hy gedrink het. “Ek het vir hom gesê ek het glad nie gedrink nie. Nadat ek in die toestel geblaas het, het hy beweer my alkoholtelling is 0,58. Hy het geweier om die lesing vir my te wys toe ek vra ek wil dit sien.”

Intussen het twee ander metrobeamptes die man se motor deursoek. “Die beamptes se naamplaatjies was afgehaal. Die een by my venster het geskree hy soek my rybewys. Ek het dit vir hom gegee. Die ander twee sê toe hulle gaan my in hegtenis neem. Ek het besluit om my nie teen te sit nie en aangebied om self in die polisievangwa te klim. Hulle het ook my beursie gevat.”

Terwyl die beamptes met die man in die vangwa gery het, het een van hulle met sy voertuig agter die metrovoertuig aangery.

“Hulle het omtrent ’n blok verder stilgehou. Een van die beamptes sê toe vir my ons kan die situasie daar en dan oplos as ek R5 000 by ’n Engen-vulstasie daar naby gaan trek en vir hulle gee. Ek het gesê ek dink nie ek kan meer as R3 000 trek nie, waarop die beampte geantwoord het dis ook in die haak.”Ek het R1 000 getrek, maar dit nie vir hulle gaan gee nie en eerder my kans waargeneem om die polisie se 10111-noodnommer te skakel.

READ  Bolhuis se bedrieër lank tronk toe

Die man het sy beursie teruggevra. “Al die kontant, ’n paar honderd rand, was weg.” Die man sê hy het hierna met sy eie voertuig na die vulstasie gery, met die metrolede agterna. Volgens hom wou hulle nie by die Engen-vulstasie inry nie, het aanhou sirkel en daarna oorkant die vulstasie stilgehou.

“Ek het R1 000 getrek, maar dit nie vir hulle gaan gee nie en eerder my kans waargeneem om die polisie se 10111-noodnommer te skakel. Polisielede het gekom, maar gesê hulle kan nie betrokke raak by metrolede se saak nie. Intussen het die metrovoertuig verdwyn.”

Die man sê hy was bang hy word weer geteiken as hy met sy eie voertuig huis toe ry.

“Hulle teer op vrees en intimidasie. Ek het intussen ook gesien van die drank in my bagasieruim wat ek vroeër gekoop het, was weg. Ek het my kar by die vulstasie gelos. Iemand by die vulstasie het my huis toe geneem. Daar het ek weer die polisie gebel. Lede van die Brooklyn-tak het na my huis gekom en my aangeraai om die volgende dag ’n klag by die kantoor in te dien.”Ek het intussen ook gesien van die drank in my bagasieruim wat ek vroeër gekoop het, was weg.

Volgens die man is sy rybewys steeds by die lede wat hom afgetrek het. “Ek is nog besig om te probeer vasstel wat alles in my kar gesteel is.”

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder in Gauteng, het bevestig ‘n diefstalklag is ingedien. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.