EKSKLUSIEWE ONDERHOUD MET MIKE BOLHUIS – INEWS – STANDERTON

In my (Bolhuis) se opinie, is hierdie die enigste oplossing. ‘n Mens kan baie dinge met ‘n
“baseball bat” reg bl#ksem en baie mense kan intimideer word, maar jy kan ongelukkig nie
die munisipaliteit, polisie, regstelsel of regering bl#ksem nie.

Na ‘n besoek aan Lekwa deur Mnr Mike Bolhuis, het Standerton nasionale nuus bereik en ‘n
volledige program van die besoek is op TV uitgesaai.
Tydens die onderhoud wat Mnr Bolhuis met Lekwa se Burgermeester, Linda Dhlamini
gevoer het, het Dhlamini verskeie beloftes gemaak en die versekering aan Standertonners,
asook aan Mnr Bolhuis, gegee dat daar daadwerklik opgetree gaan word en dat die
infrastruktuur opgeknap gaan word.

iNews Standerton het Woensdag, 3 Maart ‘n eksklusiewe onderhoud met Mnr Bolhuis gehad
en onder andere gevra of Mnr Dhlamini, of enige ander munisipale amptenaar al enigsins
reageer het op die beloftes wat gemaak is. iNews plaas graag die reaksie wat vanaf Mnr
Bolhuis ontvang is.

Geen terugvoer is ooit weer vanaf Standerton munisipaliteit ontvang nie. Na aanhoudende
kommunikasie en aanhoudende versoeke, het Bolhuis eenvoudig elke keer ‘n toe deur
teegekom. Selfs tydens die besoek aan Standerton, is daar baie gesukkel om hulle (Lekwa
amptenare) bymekaar te kry en te ondervra. Uiteindelik het daar ‘n groot entourage met
lyfwagte in plek, aangekom. Met ‘n skok is agtergekom dat die lyfwagte daar is om
Dhlamini teen sy eie mense in sy eie munisipaliteit te beskerm. Volgens Bolhuis is dit absoluut absurd.

Hulle kon niks verduidelik of antwoorde gee op die vrae wat gevra is nie, oor byvoorbeeld
die verskriklike duur motors wat aangeskaf is, die verskriklike duur partytjies en die groot
hoeveelheid geld wat wanbestee was, kon hulle niks verduidelik nie. Die polities korrekte
antwoorde wat heeltyd verskaf is, was: “We endeavor, we know we are wrong, we need to
change.” Dit is al hoe meer die nuutste tendens om te sê: ja ons weet daar is foute, en tussen
deur word gesê dat almal maar foute maak, en dat hulle hul bes probeer. Jy kry nooit ‘n regte
en reguit antwoord nie.

As honderde duisende rande weg is, of as daar meer as R60,000 op ‘n ontbyt vir twee mense
spandeer word, of erger nog, as sekere water-, of pad- of herstelwerke se toerusting
aangekoop word en dit is die volgende dag gesteel, wat heel moontlik deur mense in die
munisipaliteit gereël is, kry jy ook nie antwoorde nie.
Standerton gaan deur wat alle ander stede en dorpe die laaste paar jaar deurgaan, dit is
astronomies. Standerton is ongelukig maar een van die ergstes.

Die Demokratiese Allianse het regtig moeite gedoen en uit hulle pad gegaan om die
ondersdoek te bedryf. Na Bolhuis alles openbaar het en al die ondersoek werk gedoen is, is
dit oorhandig aan die publiek en regslui wat daarmee wil voortgaan.
Dit is ‘n onbegonne taak om die korrupsie te probeer uitwis, behalwe deur mense soos iNews
wat dinge probeer warm hou en inwoners inlig, korrupsie openbaar en te kla met die hoop dat
daar iewers langs die pad, iemand in hierdie korrupte regering van ons sy voet gaan neersit en
sê: “sorteer nou die riool uit, sorteer nou die slaggate uit, sorteer nou die munisipaliteite uit,”
maar ek (Bolhuis) kan dit nie sien gebeur nie.

READ  PnP-eienaar op Bronkhorstspruit ontvoer

Waarop ons nou absoluut staatmaak is dat die howe genader word sodat belasting gelde nie
meer direk aan munisipaliteite betaal word nie, maar dat dit self deur die publiek toegewend
en toegepas word om self die herstelwerk en instandhouding te doen.
Die weg vorentoe is dat alle gelde van die publiek wat ingesamel word, wat veronderstel is
om na die munisipaliteit toe te gaan, in ‘n spesifieke dienslewering-rekening betaal word.
Natuurlik op die korrekte wyse, naamlik prokureurs, howe en die regstelsel, en dat daardie
fondse dan deur die publiek behartig word om sodoende al die dienslewerings-dienste te kan
lewer.

In my (Bolhuis) se opinie, is hierdie die enigste oplossing. ‘n Mens kan baie dinge met ‘n
“baseball bat” reg bl#ksem en baie mense kan intimideer word, maar jy kan ongelukkig nie
die munisipaliteit, polisie, regstelsel of regering bl#ksem nie. Jy kan hulle nie fisies
intimideer of dreig nie. Jy kan hulle slegs openbaar vir wie en wat hulle is en jy kan die
finansies wat hulle toekom beskou asof dit hulle nie toekom nie, weens die wanbesteding en
ook weens die wan-dienslewering.

Die gemeenskap moet begin saamstaan. Dit is en was nog altyd ‘n probleem om mense te
kry om saam te staan. Gewoonlik is dit die persoon wat die riool die ergste ruik wat begin
met aksie, maar die wat dit nie ruik nie, wil nie betrokke raak nie.

My (Bolhuis) se beroep op die publiek is om alle opinies, alle geloofsoortuigings en
persoonlike verskille op sy te skuif en een gemeenskaplike doel voor oog te kry, en dit is om
misdaad te bekamp, aan te spreek en te verhoed, en saam te staan en saam die beslissings te
neem en by mekaar se geloof, kleur of politiese assosiasie verby te kyk, dan is hierdie ding
doenbaar en dan is daar vir ons ‘n oplossing vir ons dorp in die toekoms.

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.