‘Polisie verstaan nie rubberkoeëls kan dodelik wees’

Deur Jana Smit 04 April 2021 00:03 op Netwerk24.com

Kenners sê polisielede moet behoorlik opgelei word in die gebruik van rubberkoeëls, ’n afskrikmiddel wat ontwerp is vir gebruik in skarebeheer.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het Maandag gesê dit sou onmoontlik wees om die gebruik van rubberkoeëls te verbied, maar dat die gebruik daarvan in protesoptogte hersien sal word.

Mthokozisi Ntumba (35) is in Maart buite ’n kliniek in Braamfontein, Johannesburg, doodgeskiet. Die polisie het rubberkoeëls afgevuur by ’n protesoptog oor universiteitsklasgeld. Sitole het gesê sy departement sal ’n nuwe nasionale instruksie uitreik met strenger bepalings oor die gebruik van rubberkoeëls.

Prof. Jeanine Vellema, forensiese patoloog, sê dié koeëls is veronderstel om na die grond geskiet te word waarvandaan dit versprei.

“Iemand kan baie makliker sterf as die koeël direk na hul liggaam afgevuur word. So ’n koeël kan jou skedel kraak.”

Vellema, hoofspesialis van Gautengse forensiese dienste en lektor by Wits, sê rubberkoeëls trek teen ’n snelheid van tot 1 000 km per uur. “As jy ’n vuurwapen na iemand wil wys, moet jy die risiko verstaan. Opleiding is belangrik.”Polisie moet behoorlik opgelei word. 

Amerikaanse navorsers het vroeër bevind dat dit te gevaarlik is om rubber- en plastiekkoeëls in skarebeheer te gebruik. Hul bevindings oor 26 studies wat wêreldwyd sedert 1990 gedoen is, is in die vaktydskrif BMJ Open gepubliseer.

Wollie Wolmarans, ballistiese deskundige van Pretoria, sê rubberkoeëls is as niedodelike wapen ontwikkel. Hy stem saam dat dit nie direk na mense geskiet moet word nie en “spesifiek nie op kort afstand nie”.

Polisielede se veiligheid moet egter ook in berekening gebring word, sê Wolmarans. “Hoeveel mense val hom aan? Het hy nie ook die reg tot lewe nie?”

READ  Boerboel met mes gesteek: DBV ondersoek saak

Cobus Steyl, ’n ballistiese deskundige van Durban, sê daar is klein rubberballetjies in so ’n koeël. In een met twee balletjies bly dit vir die eerste een tot twee meter uit die loop bymekaar, waarna elkeen sy eie trajek volg. “As jy iemand op drie meter skiet, sal albei byvoorbeeld die kakebeen tref.”

Steyl sê omdat polisielede nie behoorlik opgelei word nie, verstaan hulle nie die effek van die koeëls nie. “Niemand vertel vir hulle hulle kan iemand doodskiet met ’n rubberkoeël nie. Ek het al sake gehad waar mense op 190 meter hul oog verloor het,” sê hy. “ ’n Rubberkoeël moet in die grond geskiet word sodat dit laag bly.”

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê die 12 boor- haelgeweer wat met rubberbal-ammunisie gelaai word, is ontwerp om minder dodelik te wees en nie die liggaam binne te dring nie. Dit is effens sag en is “laesnelheidprojektiele”. Sy sê die rubberballetjies wat tans gebruik word, verskil van dié wat in vorige noodlottige voorvalle gebruik is.

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.