Boerboel met mes gesteek: DBV ondersoek saak

Soos op Netwerk24 Deur Anena Burger 10 Februarie 2021 20:08:

Dit gaan “onder die omstandighede goed” met Oscar, die boerboelreun wat Vrydag in Jan Kempdorp met ’n mes gesteek is.

So sê Mario van der Westhuizen, ’n inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kimberley, wat Jan Kempdorp Dinsdag besoek het.

Willem Calitz (42) van Jan Kempdorp is Sondag weens die voorval in hegtenis geneem.Oscar, die boerboelreun van Jan Kempdorp, wat na bewering deur Willem Calitz met ’n mes aangeval is. Foto: Verskaf

Oscar, die boerboelreun van Jan Kempdorp, wat na bewering deur Willem Calitz met ’n mes aangeval is. Foto: Verskaf

Beeldmateriaal van die voorval is op die Bostons Lodge-restaurant se kringtelevisiestelsel opgeneem.

Die saak teen Calitz is Maandag in die landdroshof in Jan Kempdorp tydelik van die hofrol verwyder totdat die polisie se ondersoek afgehandel is.

Intussen is ’n kopie van die video gestuur aan die private ondersoeker Mike Bolhuis. Hy en die DBV in Kimberley ondersoek klagtes van dieremishandeling teen Calitz.

Cecil Benade, een van Bolhuis se senior ondersoekers, het Dinsdag saam met Van der Westhuizen Jan Kempdorp besoek om die gebeure verder te ondersoek.

Alet Steyn, DBV-woordvoerder, het Woensdag gesê verskeie ooggetuies is Dinsdag ondervra en verklarings is afgeneem.

“Die ondersoek na die voorval duur voort en die DBV se dossier, wat verband hou met die klagtes kragtens die Wet op Dierebeskerming, sal teen Vrydag klaar wees, waarna die polisie die ondersoek verder sal neem.”

Willem Calitz (42) wat glo vir Oscar, die boerboelreun van die Bostons Lodge-restaurant, met ‘n mes gesteek het Foto: Verskaf

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.