Man wat skildery vir Bolhuis verf, sterf in rooftog

Morgenrood-moord: Saak teen 1 verdagte teruggetrek

Soos Op Netwerk24

Morgenrood-moord: Saak teen 1 verdagte teruggetrekDeur Jana Breytenbach 19 Januarie 2021 17:29 

Die aanklagte teen een van die mans wat van die moord op John Edward Morgenrood (81) in ’n Parowse stegie aangekla is, is teruggetrek.

Morgenrood is op 22 Desember in ’n stegie langs Voortrekkerweg aangerand en is later in die hospitaal aan sy beserings dood.

Man wat skildery vir Bolhuis verf, sterf in rooftog

Hy was op pad terug na sy voertuig nadat hy ’n skildery wat hy van die private ondersoeker Mike Bolhuis gemaak het, as ’n verrassing aan Bolhuis gaan pos het.

Kapt. Kevin Williams, woordvoerder van die Parow-polisiekantoor, het verlede week aan Netwerk24 gesê Marcelino Abrahams (32) en Raven Medicine (37) het Donderdag in die landdroshof in Bellville op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede verskyn.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die direkteur van openbare vervolging, het die twee beskuldigdes Dinsdag weer in die landdroshof in Bellville verskyn.

Abrahams is op borgtog van R3 000 vrygelaat.

“Hy is op streng borgvoorwaardes vrygelaat, onder meer dat hy nie kontak mag maak met staatsgetuies nie,” het Ntabazalila gesê.

Die staat het die aanklagte teen Medicine teruggetrek, maar Ntabazalila kon nie die redes verskaf waarom dit gedoen is nie.

Die saak teen Abrahams is tot 8 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Parowse speurders het die beskuldigdes sowat twee weke gelede in hegtenis geneem.

Volgens Morgenrood se dogter René Downing het haar pa ’n groot bewondering vir Bolhuis gehad. Hy was baie trots op die skildery, wat hy op 22 Desember om 16:30 gepos het.

READ  Man in koma nadat polisie hom glo in die kop skiet

Net voor 18:00 het iemand Morgenrood se vrou, Cynthia, gebel. Hulle het haar nommer op Morgenrood se kruk gery nadat hy erg deurmekaar in die stegie aangetref is.

Hy is met ernstige hoofbeserings en bloeding op die brein na ’n hospitaal geneem, waar hy Oujaarsaand dood is.

Op kringtelevisiebeeldmateriaal is gesien hoe twee mans hom in die stegie aanval.

Dit het intussen aan die lig gekom dat Maria Williams, die oud-Springbok Chester Williams se weduwee, op 18 Desember ook hier aangeval is nadat sy en ’n vriendin die winkel Fabulous Wear besoek het.

’n Aanvaller het haar met die vuis in die gesig geslaan.

Elzét Stoffberg is op 24 Desember ’n blok van dié stegie af in nog ’n stegie langs Voortrekkerweg aangeval. Sy is met die vuis in die maag geslaan en van haar juweliersware beroof.

Nie Williams of Stoffberg het sake by die polisie aanhangig gemaak nie.

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.