Mike Bolhuis gaan klagtes teen Pta-vroedvrou ondersoek

Deur Carla Coetzee 13 April 2021 soos op netwerk24.com huisgenoot

Die bekende privaat speurder Mike Bolhuis gaan klagtes teen die vroedvrou, Yolande Maritz ondersoek.

Yolande word eersdaags voor die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) gedaag nadat talle ma’s beweer hulle het traumatiese geboortes by haar kliniek, You and Me, in Pretoria gehad. Sy kan, as sy skuldig bevind word, haar lisensie om te praktiseer, verloor. 

Mike sê sy maatskappy, SA Safety and Security, gaan dié sake gratis ondersoek. 

Mike Bolhuis. Foto: Facebook

“Kleintjies lê ons na aan die hart. Ons het ’n projek geloods om ouers te vra om na vore te kom met enige inligting oor die vroedvrou Yolande Maritz. Ons wil graag die bewyse bymekaar kry, dit ondersoek en haar krimineel vervolg indien daar genoeg bewyse is,” sê hy. 

In dié stadium is dit nog nie duidelik watter klagtes hy hoop om teen haar te bring nie.

Yolande is al vir 11 jaar ‘n onafhanklike vroedvrou. Foto: Facebook

Mike sê hy het genoop gevoel om te help omdat hy weet die polisie het nie aldag die mannekrag om ingewikkelde sake soos dié te ondersoek nie. 

“Hoewel ons dit gratis doen, hoop ons daar is mense, vir wie die saak na aan die hart lê, wat donasies sal maak. Maar ons is vasbeslote om die ding aan te vat.” 

Huisgenoot het voorheen berig van minstens ses babas wat oorlede is en drie wat gestremd gelaat is die afgelope vyf jaar tydens geboortes by Yolande.

“Enigeen wat ’n klagte het teen enige vroedvrou moet vir ons hul inligting e-pos met die opskrif VROEDVROU en die naam van die vroedvrou. Want wie weet, miskien is die saak groter as Yolande Maritz,” sê Mike. 

READ  Platinum Weekly September 2021

Dis nie die eerste keer dat Mike ’n hartsaak aanpak nie.

Hy het in 2019 honderde flamink-kuikens gered nadat hulle in ’n droë pan in Kimberley gestrand was. Dié projek het hy ook gratis behartig. Dié flaminke is intussen weer vrygelaat. 

“Die publiek het gehelp om al daai flaminke te red, so ek hoop dié keer kan ons voorkom dat babas of ma’s seerkry,” sê hy. Die snuffelhond Mike Bolhuis wys sy byt in sy eie reeks op televisie.

Die snuffelhond Mike Bolhuis wys sy byt in sy eie reeks op televisie.

Ouers met klagtes teen Yolande Maritz is gevra om Mike te e-pos by mike@mikebolhuis.co.za 

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.