hippo, nature, animal world

Mike Bolhuis en span gryp in om Harties se seekoei te red

Soos Op: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Nuus/mike-bolhuis-en-span-gryp-in-om-harties-se-seekoei-te-red-20210105

Deur Jacques Myburgh

Eers was dit die flaminke by die Kamferdam in Kimberley wat Mike Bolhuis gered het – nou het dié spesialisondersoeker en sy span besluit om te help om ’n verdwaalde seekoei by Hartbeespoortdam te red.

Harpo die seekoei is in 2019 vir die eerste keer in die dam in Noordwes gewaar en het sedertdien ’n plaaslike inwoner in dié geweste geword. 

Maar in Desember verlede jaar het stories die ronde gedoen dat die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme in Noordwes ’n permit uitgereik het om die seekoei van kant te maak. Dit was glo omdat die dier ’n bedreiging vir die inwoners inhou. 

“Besorgde inwoners het ons toe gekontak om in te gryp en die situasie te monitor,” sê Mike. 

Die Klein Jukseirivier en die Krokodilrivier vloei in die dam in en dit kan wees dat Harpo toegang tot die dam deur een van hierdie rivierkanale gekry het. 

“Op die ou end bly dit ’n wilde dier en die seekoei hou ’n gevaar in vir die publiek en die inwoners van Hartbeespoort. 

“Sommige mense beskou die dier as ’n soort mascot, maar hy bly gevaarlik en hy gaan nie in die dam kan bly nie. Hy sal geskuif moet word,” sê Mike. 

Tot nou het die dier nog niemand se lewe bedreig nie. 

Volgens Werner Bester, een van Mike se ondersoekbeamptes wat die dier monitor, kan daar nie bevestig word of daar wel ’n permit uitgereik is om die seekoei te skiet nie. ’n WhatsApp-groep is vir Harpo gestig en inwoners wat die dier sien, kan so melding maak van die dier se posisie. 

READ  Platinum Weekly September 2021

“Die departement wou dit nie ontken of bevestig nie, maar ons het reeds planne gereed om die dier na ’n veiliger plek te skuif. Dit kos geweldig baie om die dier te skuif en ons het ’n fonds daarvoor gestig.” 

Harpo is vir die laaste 60 dae nog nie weer in die dam gesien nie, maar ’n seekoei is in Chartwell, noord van Johannesburg, langs die oewer van die Jukskeirivier gesien en die moontlikheid is dat dit dalk Harpo kan wees wat groener weivelde gaan soek het. 

“Ons kan nog nie met sekerheid sê dat dit Harpo is nie, maar die moontlikheid word ondersoek,” sê Werner. 

Volgens Werner sal hulle hierdie week die Hartbeespoortdam en Chartwell besoek om te kyk of hulle die seekoei kan opspoor. 

Hy sê die situasie word nog gemonitor en hulle sal eers later meer duidelikheid hê oor wat met die dier gaan gebeur indien dit wel Harpo van Harties is. 

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.