Man wat skildery vir Bolhuis verf, sterf in rooftog

Mans vas wat glo Bolhuis se skilder vermoor

Soos op: https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/albei-aanvallers-van-bolhuis-se-skilder-vas-20210110

Deur Hanti Otto11 Januarie 2021 05:30

Mans vas wat glo Bolhuis se skilder vermoorDeur Hanti Otto 11 Januarie 2021 05:30 

Albei die mans wat vermoedelik by die aanval op John Edward Morgenrood (81) van Parow betrokke was nadat hy kort tevore ’n skildery aan Mike Bolhuis gepos het, is vasgetrek.

Kol. Leon Marx, waarnemende stasiebevelvoerder van die polisiekantoor in Parow, sê die mans, onderskeidelik 38 en 37 jaar oud, is Donderdag op aanklagte van roof en moord in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die hof verskyn.

Man wat skildery vir Bolhuis verf, sterf in rooftog
John Edward Morgenrood (81) by die skildery wat hy vir Mike Bolhuis geverf het.

Morgenrood is op 22 Desember aangeval terwyl hy van die Parow-poskantoor na sy motor gestap het.

Sy dogter René Downing het vertel dat hy ’n groot bewondering vir die private ondersoeker gehad het en as ’n verrassing ’n skildery van Bolhuis gemaak het.

John Edward Morgenrood (81) het sy skildery, waarop hy baie trots was, daardie dag om 16:30 gepos.

Net voor 18:00 daardie aand het iemand sy dogter gebel. Hulle het haar nommer op Morgenrood se “loopkierie” gekry nadat hulle hom erg deurmekaar in ’n stegie aangetref het.

Hy is met ernstige hoofbeserings en bloeding op die brein na ’n hospitaal geneem waar hy op Oujaarsaand oorlede is.

“Ons het eers gedink my pa het gestruikel en geval, maar my een suster het besef daar is veiligheidskameras in die omgewing,” het Downing gesê.

Hierop kon gesien word hoe twee mans eers verby Morgenrood stap, omdraai en hom so hardhandig stamp dat hy omval. Die aanvallers het sy selfoon opgetel en weggedraf.

Morgenrood het bly lê.Die oorspronklike beeldmateriaal wys duidelik die brutaliteit van die aanval.

Downing het Donderdagoggend vir Bolhuis gebel en hom van die verrassingspakkie, asook van die beeldmateriaal vertel.

Sy het in trane bygevoeg dat haar pa so graag as ’n skilder bekend wou wees. Sy was ook bang die beeldmateriaal op die veiligheidskamera gaan verlore.

Bolhuis, wat erken het hy was geskok toe hy die nuus hoor, het dadelik een van sy spesialisondersoekers in die Kaap gekontak om te help met die ondersoek.

Intussen het die familie ’n saak by die polisie aanhangig gemaak, wat hul verklarings afgeneem en die beeldmateriaal bekom het.

Bolhuis se ondersoeker het Morgenrood se familie besoek vir emosionele ondersteuning en om die polisie met die ondersoek by te staan.

“Die oorspronklike beeldmateriaal wys duidelik die brutaliteit van die aanval,” het die ondersoeker Bolhuis laat weet.

READ  Mike Bolhuis en span gryp in om Harties se seekoei te red

Hy het ook uitgevind dat een van die mans reeds in aanhouding is vir ’n onverwante saak – steeds in dieselfde klere as wat hy tydens die aanval op Morgenrood aangehad het.

Die man is toe ook van die aanval op Morgenrood aangekla.

Die polisie en Bolhuis se ondersoeker het informante betrek om die tweede verdagte op te spoor.Die voorval het my diep geraak. Ek hoop die wete dat die vermeende moordenaars gevang is, gee ’n mate van troos aan mnr. Morgenrood se familie.

“Ons is later deur die polisie ingelig dat hulle die tweede verdagte ook gevang het. Dit was ’n reuseverligting vir mnr. Morgenrood se familie,” lui die spesialisondersoeker se verslag aan Bolhuis.

Marx sê die oorledene se familie het op Maandag 4 Januarie die beeldmateriaal gesien en toe besef dat Morgenrood aangeval is.

“Hulle het ’n saak aanhangig gemaak en ons het saam met die een dogter na die beeldmateriaal gaan kyk. Die inligting en beskrywing is aan informante deurgegee, wat die mans op die beeldmateriaal herken het.”

Marx sê hulle het Donderdagmiddag die tweede verdagte toegesluit.

Saterdag het Downing ’n e-pos aan Bolhuis gestuur met die woorde: “Ek kan nie begin om te beskryf hoe dankbaar ek is nie . . .”

Volgens haar was die spesialisondersoeker in die Kaap van “onskatbare waarde”.

Bolhuis het Sondag gesê hy is dankbaar vir die polisie se knap en vinnige werk om die verdagtes op te spoor.

“Die voorval het my diep geraak. Ek hoop die wete dat die vermeende moordenaars gevang is, gee ‘n mate van troos aan mnr. Morgenrood se familie.

“Van ons kant af sal ons sorg dat die pa se wens om bekend te wees, deurgevoer word.”

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.