Man in hof ná video wys hoe boerboel met mes gesteek is

Soos op netwerk24: Deur Charné Kemp 09 Februarie 2021 13:32

n Herrie het Maandag op sosiale media losgebars oor video’s waarin Willem Calitz (42) van Jan Kempdorp na bewering vir Oscar, ‘n boerboelhond van die Bostons-restaurant, met ‘n mes steek.

’n Man het Maandag op ’n aanklag van opsetlike saakbeskadiging in die streekhof in Jan Kempdorp verskyn nadat hy glo ’n boerboel by ’n restaurant in die dorp met ’n mes gesteek het.

Kapt. Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het bevestig dat Willem Calitz (42) Sondag vir opsetlike saakbeskadiging aangekeer is.

Willem Calitz (42) het Maandag in die landdroshof in Jan Kempdorp op ’n aanklag van opsetlike saakbeskadiging verskyn.

’n Herrie het Maandag op sosialemediaplatforms losgebars nadat video’s van die voorval Vrydagaand by die Bostons Lodge-restaurant versprei en die private ondersoeker Mike Bolhuis daarvan in kennis gestel is.

In een van die video’s kan die gebeure gesien word, en in die ander een beskryf die kombuisbestuurder hoe die verwilderde hond weggehardloop het.

Frikkie Bester, eienaar van die restaurant en die boerboelreun Oscar, sê hy is steeds geskok oor die voorval.

Bester was nie Vrydagaand by die restaurant nie, en het eers Saterdagoggend van die voorval bewus geraak.

“Ek kan nie glo dat ’n regdenkende mens ’n onskuldige hond sonder enige rede steek nie. Oscar is ’n bekende in die restaurant en kroeg. Hy het baie bloed verloor, maar is nog jonk. Ons hoop hy maak dit. Hy drink water en sluk sy pille. Die veearts sal hom Woensdag sedeer en die wond deeglik ondersoek om te kyk hoe diep dit is.”

Volgens hom het Jabu Ntombela, een van hul bestuurders, Vrydagaand ’n geraas buite gehoor.

“Toe hy die deur oopmaak, het hy net die man gesien, waarna die hond weggehardloop het. Ons het Oscar Saterdagoggend by ons woonstelle gekry en die veearts ontbied. Ek het toe op ons kringtelevisiestelsel gekyk en die voorval daarop gesien.

READ  EKSKLUSIEWE ONDERHOUD MET MIKE BOLHUIS - INEWS - STANDERTON

“Die hele dorp is ontsteld. Die verdagte het al voorheen gedreig om Oscar te skiet.”Oscar die boerboelreun is ’n geliefde en bekende gesig in die Bostons Lodge-restaurant in Jan Kempdorp.Oscar, die boerboelreun van die Bostons Lodge-restaurant, is Saterdagoggend met ‘n steekwond gevind.

Mario van der Westhuizen, ’n inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging in Kimberley, het bevestig dat hulle Dinsdag na Jan Kempdorp is om ’n saak van dieremishandeling te ondersoek. Cecil Benade, een van Bolhuis se senior speurders, gaan saam.

Bolhuis sê dit is ondenkbaar en onverklaarbaar dat ’n onskuldige dier gesteek word.

“Op die video kan ’n mens sien die hond het die verdagte nie bedreig nie. Inteendeel, hy het die hond omsingel en vinnig ’n mes uitgepluk om die hond te steek. Ons sal verseker dat die skuldige aan die pen ry.”

Calitz is Maandag vrygelaat nadat die saak tydelik van die hofrol verwyder is totdat die polisie se verdere ondersoek afgehandel is.

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.