Hugo Ras is agter tralies

Deur Hanti Otto 02 April 2021 11:19  op netwerk24.com

Hugo Ras, die man wat vir Mike Bolhuis met ’n boot bedrieg het, is agter tralies.

Hy het Donderdag, byna ’n week nadat hy nie by die streekhof in Pretoria-Noord opgedaag het vir sy vonnisoplegging nie, by die hof aangemeld.

Hugo Ras tydens een van sy vorige hofverskynings in 2013 in verband met die bedrog- en diefstalsake. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Die hof het hierop ’n ondersoek na sy wanverskyning gedoen en bevind dat hy geen geldige rede kon bied waarom hy versuim het om verlede week in die hof te verskyn toe hy moes nie.

Ras, wat voorheen uit was op waarskuwing, sal nou in hegtenis bly totdat hy in Mei saam met sy medebeskuldigde gevonnis word.

Die beroepsjagter met verskeie vorige veroordelings en ander hangende sake, insluitende een waar beweer word dat hy aan die stuur van renosterstropingsindikate was, het in September 2011 saam met Willem van Jaarsveld ’n gesteelde boot aan die spesialis ondersoeker “verkoop”.

Bolhuis het ’n klag ingedien toe hy daarvan bewus word en Ras en Van Jaarsveld is aangekla.

Die twee beskuldigdes is gedagvaar om voor die hof te verskyn.

Hulle het in Mei 2017 skuld op al die klagtes teen hulle ontken.

Landdros Pieter Nel het hulle in 2019 skuldig bevind aan bedrog en diefstal omdat hulle destyds valslik aan Bolhuis voorgegee het dat hulle die regmatige eienaars (of in regmatige besit) van die Butt Cat-skiboot, Mafuta, was en dit vir R200 000 aan hom sou verkoop.

Dié boot van 26 voet, met ’n destydse waarde van R300 000, is egter van Joseph Albertus Conroy du Plessis, die regmatige eienaar, gesteel.

Van Jaarsveld is ook skuldig bevind aan vervalsing nadat hy ’n kwitansie van Blue Anchor Marine vervals het wat aan Bolhuis en sy een ondersoeker as bewys van betaling gegee is.Hoewel hy beweer het dat hy nie vervoer het nie, het ons agtergekom dat hy wel ’n voertuig het waarmee hy rondry. 

READ  Mike Bolhuis will be on Safm tonight with Patricia Ntuli at 22h40

Ras is op sy beurt ook skuldig bevind op aanklagte dat hy in Mei 2013 in besit was van ’n semi-outomatiese pistool en ammunisie, sonder ’n wettige lisensie daarvoor.

Die saak is tot Maart die jaar uitgestel vir vonnisoplegging, maar na Ras glo weens vervoerprobleme nie opgedaag het nie, is dit tot Mei uitgestel.

Werner Koekemoer, een van Bolhuis se ondersoekers, het Donderdag nadat Ras tronk toe gestuur is, gesê hulle het sedert Ras se verdwyning onverpoos na hom gesoek.

“Hoewel hy beweer het dat hy nie vervoer het nie, het ons agtergekom dat hy wel ’n voertuig het waarmee hy rondry. Ons het sy skuilplek in ’n dig beboste omgewing noord van Pretoria gevind, maar dit was so onbegaanbaar geleë dat hy gewaarsku kon word as ons aankom, en dan weer gevlug het.

“Ons het egter druk op hom bly toepas en die woord versprei dat hy gesoek word, so ek glo die wêreld het vir hom te warm en te klein geword dat hy homself noodgedwonge moes gaan oorgee,” sê Koekemoer.

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.