Glyjakkals teiken Mike Bolhuis: ‘Dis deur en deur ’n scam’

Soos op NetWerk24 Huisgenoot. Deur Jacques Myburgh 21 Januarie 2021

“Kubermisdaad is een van die grootste slenters daar buite,” sê Mike.

Die kuberboef het ’n Facebookprofiel kompleet met Mike se naam en foto geskep om van Mike se volgelinge te probeer kul.

“Hierdie is nie jou gewone hacker nie. Hy is ’n slim f****r. Dit is nie die eerste keer dat ek deur die persoon geteiken is nie.” 

Dewaldt Huysamen, wat Mike se sosialemedia-platforms bestuur, verduidelik dat die persoon identiteitsdiefstal gepleeg het toe hy ’n vals profiel van Mike geskep het. 

“Die persoon gaan kyk wie van Mike se volgelinge op Facebook ’n openbare profiel het (een waar jy alles kan sien wat die persoon deel) en lewer dan kommentaar op die persoon se Facebookblad om aan te kondig hulle het ’n sogenaamde kompetisie gewen.” 

By die kommentaar is ’n skakel na ’n verdagte webtuiste wat lyk soos Netflix waar die persoon dan kan registreer. 

Op dié blad word vir jou persoonlike inligting en bankbesonderhede gevra. 

“Dit is deur en deur ’n scam,” sê Dewaldt. 

Volgens Mike het hulle aanvanklik gesukkel om die blad te verwyder. 

“Facebook het gesê dit is nie teen hul beleid nie en dit was ’n helse gesukkel om dit te laat verwyder.” 

Dewaldt het bevestig dat Facebook vanoggend die profiel verwyder het. 

“Ons het al die aanhangers op Mike se oorspronklike blad gemaan om die profiel te rapporteer.” 

Mike sê hy is die josie in vir Facebook wat nie die voorval as ’n prioriteit beskou het nie. 

READ  R30 000 se donasies vir haar leuens

“Sowat 14% van die wêreld se geld gaan verlore weens kubermisdaad. Dit is ’n multimiljardrandbedryf. Facebook en Google moet meer verantwoordelik optree om sulke misdade aan die groot klok te hang.” 

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.