‘Ek is nie ’n vroueslaner’, sê pa van vermiste kinders

Soos op: https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/ek-is-nie-n-vroueslaner-se-pa-van-vermiste-kinders-20210107

Henry Joubert (43), die boer van Bultfontein wat vir Mike Bolhuis aangestel het om na sy twee kinders te soek, sê die ma van die kinders het hom geldelik geruïneer.

Joubert het sy verloofde, Celente Janse van Rensburg (42), en die kinders, Lienke Joubert (2) en Niané Joubert (1), op 2 Desember as vermis aangegee nadat hulle spoorloos in Durban verdwyn het terwyl die gesin met vakansie was.

Joubert sê hy moes in die vier jaar wat hulle saam was gereeld pa staan vir skuld wat Janse van Rensburg gemaak het en wanneer hy met haar oor haar oneerlikheid gepraat het, het sy hom aangekla van gesinsgeweld.

’n Kennisgewing wat tans op sosiale media versprei word.

“Sy misbruik hierdie hele ding rondom gendergeweld,” sê hy.

Sosialemediagebruikers het Woensdag gesê hulle glo Janse van Rensburg het van Joubert gevlug omdat hy voorheen aangekla is dat hy haar aangerand het.

Joubert sê sy maak ’n gewoonte daarvan om mans vals te beskuldig. Sy het ook haar eksman beskuldig dat hy haar aangerand het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het Donderdag bevestig ’n bedrogondersoek teen Janse van Rensburg is reeds ver gevorder.

Dié ondersoek hou verband met ’n bakkie wat Janse van Rensburg aan ’n Bloemfonteinse sakevrou verkoop het.

Sy het glo die geld vir die bakkie gekry, maar nooit die voertuig afgelewer nie.

Minstens twee ander bedrogklagte word tans teen haar ondersoek.

Janse van Rensburg het glo ook slagskape op die internet geadverteer en verkoop, maar nooit die skape afgelewer nie.

READ  "Never Have I Ever" on Jacaranda FM

Die eienaar van ’n koöperasie in Soutpan, naby Bloemfontein, het in November ’n klag teen haar ingedien nadat sy glo R500 se brandstof by haar gekoop het en dit nooit betaal het nie.

Joubert het in 2018 ’n klag teen Janse van Rensburg ingedien nadat sy met een van sy voertuie en die oudste van die twee kinders verdwyn het.

Hy het later die klag teruggetrek. Joubert sê elke keer as hy ’n klag teen haar wou indien, is hy afgeraai om dit te doen omdat daar aan hom gesê is die staat sal die twee kinders saam met haar in die tronk laat bly.

“Ek het baie opgevreet omdat ek my kinders by my wou hê,” sê hy

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.