Dis nié Yolandi Botes se bloed: ‘Iemand na aan haar steek iets weg’

Deur Jana van der Merwe 28 Julie 2021 soos op netwerk24.com.

Die uitslag van die DNS van die bloedbad wat in ’n Kemptonparkse gastehuis naby die lughawe gevind is, het getoon dié toneel kan nie met die moord van die donkerkop Yolandi Botes verbind word nie. Intussen het die familie ’n beloning van R50 000 vir inligting uitgeloof.

Baie het geglo dat dit die sleutelbewyse in Yolandi Botes se boeiende moordsaak is.

DIE GRUSAME BLOEDSPOOR IN DIE GASTEHUIS

Dit sou sin maak dat Yolandi se liggaam eers iewers geskend is voor haar opgekapte lyk op 4 Mei, net meer as ‘n week ná haar verdwyning, in die Vaalrivier naby Villiers in die Vrystaat gevind is.

En toe die  Vrystaatse polisie te hore kom van die bloedbad in die Oceanic Lodge, het dit dadelik deel van die ondersoek gevorm – Yolandi het immers die oggend van 26 April daar naby by die O.R. Tambo-lughawe geland.

Forensiese DNS-toetse van die bloed wat in die gastekamer gevind is, het bewys dit behoort glo aan ‘n man. Foto: Verskaf

Odette van Staden, privaat ondersoeker van Mike Bolhuis se SSS Specialised Security Services, het egter Woensdag aan Huisgenoot bevestig dat die DNS wat in die gastehuis gevind is, nie dié van Yolandi is nie, maar wel dié van ’n manlike persoon.

“Wie die man is, weet ons nie, maar ons weet nou dit is nie Yolandi se DNS nie. So ons kan nou daardie hoofstuk toemaak en fokus op dit wat belangrik is.”

Forensiese DNS-toetse van die bloed wat in die gastekamer gevind is, het bewys dit behoort glo aan ‘n man. Foto: Verskaf

Sy vertel sy was van die begin af nie oortuig nie, veral omdat die gastehuis nie op die roete was wat Yolandi daardie dag gevolg het nie. Sy is van die lughawe eerste na Boksburg-Wes. Van daar al langs die N3 is die Vaalrivier Vakansieoord buite Villiers geleë, waar haar lyk gekry is. 

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, kon wel nie die uitslag van die DNS bevestig nie.

“Ons het nog  nie enige  amptelike DNS-verslag van die Vrystaatse polisie, wat die moord ondersoek, ontvang nie,” is al wat hy wou sê.

Volgens Odette, wat deurentyd navraag oor die uitslag van die forensiese toetse in die gastehuis gedoen het, is die Vrystaatse polisie wél reeds ’n week gelede, op Donderdag 22 Julie, hiervan ingelig. Die familie is glo ingelig, maar wou dit nie openbaar maak nie.

Mariska Oosthuizen, Yolandi se suster, het nie enige oproepe beantwoord nie. Sy het ook op Facebook gesê sy en haar familie glo nie die DNS-uitslae nie.

Mariska het Dinsdagoggend op hul ondersteuningsgroep gesê hulle het groot nuus om te deel. Laataand het sy bekend gemaak dat hulle as familie, ná maande sonder antwoorde, ’n groot beloning uitloof.

Yolandi se suster het bekend gemaak dat die familie nou ‘n beloning vir meer inligting oor haar moord uitloof. Foto: Facebook

“Ons Hemelse Vader het dit op mense se hart geplaas om R50 000 Reward geld te offer aan die een wat Informasie gee wat gaan lei tot die suksesvolle inhegtingsneming van Yolandi se moordenaar/s. Kyk net hoe goed is ons VADER vir ons. Want ons bid en ons vra dat HY sy Goddelike Army bymekaar kry en lei om die fight te wen. En so sit HY stap vir stap als in plek, op SY tyd nie ons s’n nie. When the time is right I GOD will make it happen,” het sy geskryf.

READ  Bolhuis se bedrieër lank tronk toe

Ria van Deventer, Yolandi se ma, het Woensdag aan Huisgenoot gesê sy wis van niks. “Nee, ek het dit nie geweet nie. Ons is altyd die laaste om enigiets uit te vind.”

Toe Huisgenoot Woensdag die nuus oor die negatiewe uitslag van die DNS met Wietzue Botes, Yolandi se man, deel, het hy gesê dis die eerste woord wat hy hoor. “Ek het nie geweet nie. Niks word mos met my gedeel nie.”

Nou gaan al wat ’n Looney Toon is weer bel vir daai geld. Dit gaan baie uitputtend wees, en ek weet nie hoe Mariska dit sielkundig gaan hanteer nie. Al wat die familie soek, is antwoorde.

Selfs Yolandi se eksman en die pa van haar twee jongste dogter was verbaas.

“Ek glo dit is darem goed vir die kinders om te weet dit was nie haar bloed in daardie kamer nie . . .”

Hy hoop net daar sal nou binnekort afsluiting kom.

Odette vertel sy is steeds moedig oor die ondersoek, maar skrikkerig met die uitloof van ’n beloning.

“Nou gaan al wat ’n Looney Toon is weer bel vir daai geld. Dit gaan baie uitputtend wees, en ek weet nie hoe Mariska dit sielkundig gaan hanteer nie. Al wat die familie soek, is antwoorde.”

Odette vertel hulle sal wel deurentyd steeds nou met die polisie saamwerk.

“Ons ondersoek duur voort. Ons wag op nóg forensiese uitslae, soos van haar lykskouing. Ons volg alle inligting wat ons kry op.”

In alles is sy wel oortuig daar is een mens, baie na aan Yolandi, wat “baie meer weet as wat hulle kwytraak”.

“Ek het in ‘n stadium heeltemal van voo raf met my ondersoek begin, want ek het net die gevoel gekry: Ek soek te ver.”

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.