Boer soek sy kinders wat saam met ma verdwyn

Soos op: https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/boer-soek-sy-kinders-wat-saam-met-ma-verdwyn-20210106

“Ek het gehoop sy sal darem op Kersdag bel, want sy weet ek lewe vir my kinders. Sy kon hulle by my gelos het,” sê ’n boer van Bultfontein in die Vrystaat wat al meer as ’n maand lank na sy twee kinders soek.

Henry Joubert (43) se twee kinders, Lienke (2) en Niané (1), het op 2 Desember spoorloos saam met hul ma, Celente Janse van Rensburg (40), verdwyn.

Joubert sê hy, Janse van Rensburg, en die kinders was saam met vakansie in Durban.

Lienke Joubert (2) en Niané Joubert (1) het saam met hul ma, Celente Janse van Rensburg verdwyn.

“Ek het gou winkels toe gery. Sy het nog gesê sy is lief vir my, maar toe ek terugkom, was sy en die kinders net weg,” vertel hy.

Iemand by die vakansiewoonstelle het glo gesien hoe sy met die twee kinders by iemand in ’n wit bakkie klim.

Joubert het oral na sy gesin gesoek en moes toe uitvind Janse van Rensburg het nooit vir die verblyf betaal soos sy gesê het nie.

Hy het sy motor as sekuriteit by die woonstelle gelos en teruggekeer na Bultfontein waar hy hulle as vermis aangemeld het.

“Dis so gespook om my kinders te soek. My kar is nog steeds in Durban,” sê hy.

Joubert sê hy en Janse van Rensburg is nooit getroud nie en hy het hard gewerk om iets bymekaar te maak. Hy het Janse van Rensburg in 2016 ontmoet, ’n ruk nadat sy en ’n ander boer van Bultfontein uitmekaar is.

READ  Kinderontvoering en mensehandel: Hoe groot is die probleem werklik?

“Toe kom sy verby en sy ruïneer my.”

’n Kennisgewing wat tans op sosiale media versprei word.

Joubert sê hy verhuur tans sy plaas om net weer op sy voete te kan kom.

Janse van Rensburg kon nie op een van ses selnommers wat blykbaar aan haar behoort, bereik word nie.

Cobus Cronjé, ’n private speurder wat vir Mike Bolhuis werk, sê hy volg tans alle leidrade op en glo Janse van Rensburg en die kinders sal binnekort opgespoor word.

Geeneen van die selnommers wat Janse van Rensburg gebruik, was Woensdag beskikbaar nie.

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

5 2 votes
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.