Boer soek steeds na verloofde en 2 kinders

Deur Alet van der Walt 17 Februarie 2021 13:10 op netwerk24:

Dit is al amper drie maande en niemand het enige benul waar sy verloofde en sy twee kinders is nie, sê Henry Joubert (43), ’n boer van Bultfontein.

Joubert se twee kinders, Lienke (2) en Niané (1), het op 2 Desember spoorloos saam met hul ma, Celente Janse van Rensburg (40), verdwyn.

Die paartjie en hul twee kinders het in Durban vakansie gehou toe Janse van Rensburg en die twee kinders verdwyn het.

“Ek het gou winkels toe gery. Sy het nog gesê sy is lief vir my, maar toe ek terugkom, was sy en die kinders net weg,” sê hy.

Iemand by die vakansiewoonstelle het glo gesien hoe sy met die twee kinders by iemand in ’n wit bakkie klim.

Joubert sê daar is geen leidrade nie. Dis asof sy en kinders van die aardbol af verdwyn het.

Nie eens die hulp van ’n privaat speurder, Cobus Cronjé, wat vir Mike Bolhuis werk, het veel gehelp nie.

Joubert sê hy glo nie ’n derdeparty is betrokke nie, hy het nooit agtergekom dat sy verloofde met iemand anders deurmekaar is nie.

Hy weet egter nie wie sorg deesdae vir haar en die twee kinders nie.

“Sy is ’n vrou wat baie geld nodig het, sy is lief vir dobbel en handhaaf ’n hoë leefstyl, hulle het ook nie veel klere by hulle gehad toe hulle verdwyn het nie.”

Joubert sê hy glo vals gerugte dat hy Janse van Rensburg aangerand het, dra daartoe by dat die gemeenskap nie met inligting vorendag kom nie.

READ  Tips on how to stay safe during the festive season

Iemand moes ’n vrou met twee klein meisietjies gesien het, meen hy.

Hy sê Janse van Rensburg het in 2019 vals klagte teen hom ingedien nadat hulle vasgesit het.

“Sy het dit ook met haar eksman gedoen,” sê hy.

Al wat hy wil hê, is om sy twee kinders weer by hom te hê.

“Ek is die een wat na hulle gekyk het, hulle gebad en versorg het, ek verlang na hulle.”

Die polisie en privaat speurders is steeds opsoek na Celente Janse van Rensburg wat met haar en Henry Joubert se twee kinders verdwyn het. Foto: SAPD
More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.