Boer se kinders gekry, ma van bedrog aangekla

Deur Alet van der Walt 16 Maart 2021 17:04 op netwerk24.

’n Pamflet wat versprei is toe daar nog na Celenté Janse van Rensburg gesoek is.

Die twee kinders van ’n boer van Bultfontein is met die hulp van die private ondersoeker Mike Bolhuis in KwaZulu-Natal opgespoor.

Henry Joubert (43) soek al sedert begin Desember na sy een- en tweejarige dogters nadat hy en sy verloofde en die kinders se ma, Celenté Janse van Rensburg (40), in Durban gaan vakansie hou het.

Joubert het die oggend van 2 Desember inkopies gaan doen en met sy terugkeer na hul gastehuis was sy en die kinders weg.

Hy het Bolhuis se hulp ingeroep om sy kinders op te spoor.

Bolhuis het Maandag bevestig dat die kinders en hul ma in Wartburg, sowat 100 km van Durban, gevind is. Hulle is danksy inligting van ’n lid van die gemeenskap opgespoor.

Volgens Bolhuis het Janse van Rensburg na bewering ’n ouer man op die internet ontmoet. Hy het haar en die kinders glo gaan haal kort nadat Joubert by die gastehuis weggery het.

Brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê Janse van Rensburg het Maandag in die hof in Bultfontein verskyn. Sy staan tereg op twee aanklagte van bedrog en diefstal, maar daar is nog ondersoeke teen haar in onder meer Bloemfontein. Sy bly hangende dié ondersoeke in aanhouding, volgens Makhele.

Bolhuis sê Janse van Rensburg was glo reeds in November bewus daarvan dat twee bedrogklagte teen haar ingedien is.

Die kinders is terug in Bultfontein en is voorlopig in hul ouma se sorg geplaas.

READ  Vermiste alzheimerlyer (81) dood ná ongeluk

Joubert het vroeër gesê hy wil net sy kinders by hom hê. Hy kon nie Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.