3 sterf in huis in Pta-Oos onder raaiselagtige omstandighede

Deur Marietie Louw-Carstens 18 April 2021 21:27 soos op netwerk24.com.

Mario Pretorius (23)Foto: FACEBOOK

Die besturende direkteur van ’n eiendomsagentskap in die ooste van Pretoria en twee eiendomsagente is Saterdagoggend in raaiselagtige omstandighede dood in ’n dubbelverdiepinghuis in Menlopark gekry.

Nog ‘n vrou wat ook in die huis was, veg om haar lewe in ‘n hospitaal in Pretoria.

Kol. Nxolo Kweza, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê die Brooklyn-polisie in Pretoria sal lykskouings laat doen om te bepaal waaraan die drie mense dood is.

Theo Kleynhans (60) Foto: FACEBOOK

’n Werknemer van Theo Kleynhans (60), besturende direkteur van ‘n eiendomsagentskap in Faerie Glen, het Saterdagoggend op die toneel in die huis afgekom.

Die man, wat anoniem wil bly, het Saterdagoggend eers twee vroue op die stoep gesien. Hy het aanvanklik gedink hulle slaap.

Hy het by die huis ingegaan en toe op Kleynhans se lyk afgekom waar dit aan die voet van die trap gelê het wat na die boonste verdieping lei. Naby hom, in die gang, was die lyk van Mario Pretorius (23), portefeuljebestuurder van die eiendomsagentskap.

Op die stoep is Chariska Kloppers (30) se lyk in ‘n stoel gekry.

‘n Vrou van 32 jaar is bewusteloos op die vloer van die stoep gekry. Die vrou se naam word op regsadvies weerhou.

Die werknemer het die polisie en nooddienste ontbied en die 32-jarige vrou is per ambulans na ‘n hospitaal geneem. Sy was Sondag in ‘n bedenklike toestand. Dit is nie seker of sy ook by die eiendomsagentskap gewerk het en of sy slegs ‘n gas van Kleynhans was nie.

Colin Forbes, Pretorius se stiefpa, het Mike Bolhuis, private ondersoeker van Pretoria, betrek om ‘n ondersoek namens die familie te doen. Forbes en Pretorius se ma, Martie, vermoed dat hy en sy kollegas moontlik vergiftig is.

Bolhuis het Saterdag ‘n span van sy ondersoekers na die huis in Menlopark gestuur.

Pretorius is ‘n oudleerling van die Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine.

“Sy baas se suster het ons Saterdagoggend gebel en gesê daar is groot fout by die huis, ons moet kom,” sê Forbes.

READ  Platinum Bushvelder October 1 2021 Issue 1

Hy sê hulle “weet glad nie” wat tot Pretorius se dood kon lei nie.

Netwerk24 verneem dat Kleynhans en ‘n groep van die eiendomsagente Vrydagmiddag ná werk na ‘n kuierplek in die ooste van Pretoria is om drankies te drink en iets te eet.

Die huis in Menlopark waar drie mense Saterdagoggend dood gevind is. Foto: BRÜMILDA SWARTBOOI

Kleynhans, Pretorius, Kloppers en die 32-jarige vrou is later die aand na sy huis in Menlopark waar hulle glo verder gekuier het.

Kloppers is ‘n enkelma van twee jong kinders. Haar familie kon nie Sondag opgespoor word nie.

Werner Koekemoer, oudpolisielid en ondersoeker van Bolhuis, sê daar is op verskeie skedule 5- en -6-voorskrifmedikasie, sowel as ‘n groot hoeveelheid drank in die huis afgekom. Daar is ook vermoedelik op dwelms afgekom.

Bolhuis sê hulle werk saam met die polisie om vas te stel of daar nog mense Vrydagaand in die huis was.

“Dit is belangrik dat ons so gou as moontlik uitvind wat die dood van die mense veroorsaak het.”

Kweza kon nie sê of die polisie op dwelms in die huis afgekom het nie, “want dit sal die polisie se ondersoek beïnvloed”.

Michael Pretorius, oom van Mario, het Sondagmiddag aan Netwerk24 gesê die familie soek antwoorde oor wat gebeur het.

“Ons is almal geskok tot in ons diepste wese.”

Dit was Sondagmiddag stil by die huis in Menlopark.

More Real News

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

Scroll to Top

Join our list

Subscribe to our mailing list and get interesting stuff and updates to your email inbox.

Thank you for subscribing.

Something went wrong.

No thanks, I do not want to right now.